Hebron Christenskool
School Information: Hebron Christenskool
Wat 'n
wonderlike voorreg om deel te kan wees van gehalte Christenonderwys.
Hebron Christenskool bied 'n Afrikaanse Christusgesentreerde
Kurrikulum van Graad 1 tot Graad 7. Die skool het sy deure op 20
Januarie 1998 geopen in Bellville en vier, danksy die Here se groot
genade en goedheid, vanjaar ons 15de bestaansjaar. Hebron is 'n
Ouerbeheerde skool wat by ACSI (Association of Christian Schools
International) geaffilieerd is. Ons is as privaatskool geregistreer
by die WKOD ( Wes-Kaap Onderwysdepartement).
Ek kan met oortuiging se dat die Christen leerkragte deur God se
genade en deur die leiding van Sy Heilige Gees u kind sal begelei op
akademiese-, sport- en kulturele gebied sodat u kind kan groei om 'n
gelukkige, geloofseker kind te kan wees. U kan ons gerus kontak en
kom kuier. Mag die Here U seen en beskerm, en Sy aangesig oor U skyn
en U Sy vrede gee.
For school fees and other information, contact us: click here