Shalom Akademie, Ladismith
School Information: Shalom Akademie
Admissions Enquiries - click here
Shalom Akademie bied
klassikale onderrig in Afrikaans en gebruik die NKV (Nasionale
Kurrikulum Verklaring) leerplan.
'n Goed toegeruste skoolgebou wat bestaan uit 'n administrasieblok,
twaalf klaskamers en 'n rekenaarlokaal is in gebruik. Die
aangrensende sportveld word gebruik as speelgrond en vir die
beoefening van sport.
Die personeel bestaan uit sestien onderwysers, 'n sekretaresse en
finansiele beampte. Almal het 'n passie vir onderwys en 'n liefde
vir kinders. Die skool se leerdertal neem jaarliks toe en begin 2020
is daar 138 leerders van Graad 1 -12.
Shalom Akademie bied leerders die geleentheid om te kan deelneem aan
tennis, skaak, rugby, netbal, toutrek, atletiek, mini-krieket en
krieket. Leerders het al provinsiale kleure verwerf in verskeie
sportsoorte sowel as nasionale kleure vir toutrek. Privaat afrigting
vir krieket, tennis en trampolien gimnastiek is ook beskikbaar.
Keusevakke vir Graad 10-12 is twee van die volgende:
Lewenswetenskappe, Rekeningkunde, Besigheidsstudies, Fisiese
wetenskappe, Toerisme en Landboutegnologie.
Shalom Akademie se matrieks presteeer elke jaar goed en die skool
handhaaf 'n 100% matriek- slaagsyfer.
If you have specific interest in this school, please send us a message: click here