Geskiedenis, ontstaan en agtergrond van Oos-Rand Akademie
Die geskiedenis van Oos-Rand Akademie kan in 'n neutedop as volg
saamgevat word: Die gedagte van 'n Afrikaanse privaatskool het by
dr. Tertia King ontstaan. Sy het lang samesprekings met mnr. Johan
Kruger gevoer, waarna besluit is om 'n loodskomitee te stig. Die
doel van hierdie komitee was om na die lewensvatbaarheid van so 'n
skool te kyk. Op 20 Februarie 1996 vind daar 'n vergadering in die
kategesesaal van die NG Kerk in Kempton Kruin plaas. Die eerste
voorlopige bestuursraad word op 7 Maart 1996 verkies met mnr. Johan
Kruger as voorsitter. Daar word besluit dat die skool bekend sal
staan as Privaatskool Oos-Rand.
Op 16 April 1996 open die skool met ongeveer 35 leerlinge op 'n
perseel tussen Kempton Park en Benoni. Geboorte-en groeipyne spring
die skool nie vry nie, maar ten spyte van diepliggende menslike
verskille was daar tog die gevoel en baie sterk behoefte by ouers
dat hulle graag hulle kinders in 'n privaatskool wil he, omdat die
volgende waardes vir hulle belangrik is:
Onderwerping aan die Skrif
Kwaliteitonderrig
Geborgenheid wat kleiner klassies meebring
Gesonde dissipline
Afrikaner-kultuurgebondenheid
How much are the school fees? Send a request
by clicking here |
SCHOOLS
NEARBY THIS ONE
Sacred Heart College RECOMMENDED
Holy Rosary
Girls RECOMMENDED
Jacaranda Edge Academy
King David Linksfield
New
Harvard College
PLG
Willow View Academy
Closest Large Town
Kempton Park |