Dit het nog altyd. Eerstens lei ons hulle in die weg van Jesus om sodoende die Koninkryk uit te brei. Tweedens om volwassenes te word wat: *Persoonlike verantwoordelikheid sal aanvaar vir hulle optrede en keuses. *Bydraende lede van die samelewing sal word. *Vrylik diens aan ander sal lewer.. Dit is my doel om 'n omgewing te skep vry van onnodige stres, afknouery en ongewenste groepsdruk. Verder wil ons in liefde en vrede saamwerk en goeie herinneringe vir kinders bou. My persoonlike pad sluit meer as twintig jaar in die onderwys en 13 jaar in die besigheidswereld in. Dit het ook maar sy uitdagings gehad - soos alle mense se lewens! Ek weet egter dat God my na Baken toe gelei het om Sy taak op my klein manier te kan dien. Ek is ewig dankbaar vir elke kind, kollega en ouer wat kies om die pad saam ons te stap. Elke dag is 'n vreugde en 'n seen! Groete. See Randburg area on map to see other schools nearby.