Geskiedenis, ontstaan en agtergrond van Oos-Rand Akademie Die geskiedenis van Oos-Rand Akademie kan in 'n neutedop as volg saamgevat word: Die gedagte van 'n Afrikaanse privaatskool het by dr. Tertia King ontstaan. Sy het lang samesprekings met mnr. Johan Kruger gevoer, waarna besluit is om 'n loodskomitee te stig. Die doel van hierdie komitee was om na die lewensvatbaarheid van so 'n skool te kyk. Op 20 Februarie 1996 vind daar 'n vergadering in die kategesesaal van die NG Kerk in Kempton Kruin plaas. Die eerste voorlopige bestuursraad word op 7 Maart 1996 verkies met mnr. Johan Kruger as voorsitter. Daar word besluit dat die skool bekend sal staan as Privaatskool Oos-Rand. Op 16 April 1996 open die skool met ongeveer 35 leerlinge op 'n perseel tussen Kempton Park en Benoni. Geboorte-en groeipyne spring die skool nie vry nie, maar ten spyte van diepliggende menslike verskille was daar tog die gevoel en baie sterk behoefte by ouers dat hulle graag hulle kinders in 'n privaatskool wil he, omdat die volgende waardes vir hulle belangrik is: Onderwerping aan die Skrif Kwaliteitonderrig Geborgenheid wat kleiner klassies meebring Gesonde dissipline Afrikaner-kultuurgebondenheid.
Location
OOS-RAND AKADEMIE, Maple Road, Kempton Park, Johannesburg, South Africa, South Africa